SMS’e vir 2 Februarie 2023
Liewe City of Windhoek. Is julle bewus van die rioolprobleem in die Arebbushrivier? Die stink begin al in Cimbebasia, en met die onlangse reën het dit nou aanbeweeg verby Tauben Glen. Mense ry deur die strontwater in Pelicanstraat. Dis net ’n kwessie van tyd voordat mense begin siek raak. Gee asseblief aandag aan die oorsprong van die probleem. Dankie.
Die Nasionale Vergadering is lekker kwistig en lojaal as dit kom by die digitalisasie, sodat lede aan virtuele vergaderings, sommer so in jou pajamas of tuinwerkklere kan deelneem. In die verlede is dikwels berig hoe swak die vergaderings bygewoon word en nou word dit vir diegene nog makliker gemaak om stokkies te draai. Maar vra nou dat hulle geld bestee om die nypende behuisingstekort te verlig, dan vat dit jare om van die grond te kom en tussen-in is daar vertragings weens (beweerde) korrupsie, onaanvaarbare swak bouwerk en ’n duisend ander probleme. Die huisies van Matatura by Swakopmund is ’n goeie voorbeeld.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie