SMS’e vir 2 Februarie 2024
My innige meegevoel aan die Tötemeyer-familie. Dit was my voorreg om destyds toe prof. Tötemeyer, adjunkminister van plaaslike owerhede was, om saam met hom te werk aan wysigings van die Verkiesingswet. Hy het onskatbare bydraes gelewer en sy vak geken. – Peet Harmse
Die slypskool van die Rehoboth-dorpsraadslede en personeel op Swakopmund verwys: Is die Reho Spa nie eens vir hulle meer goed genoeg nie?
Die Telecom Grosshertzog-toring gee vir ons eindelose diensonderbrekings. Ons wat op plase bly binne bereik van die toringopvangs, sukkel al jare met konstante swak dienslewering van Telekom se Wimax-diens. Ons wat op plase bly is afhanklik daarvan. Ek kan nie 60 km eenrigting ry om die Wimax-stelsel by my huis te reset nie. Ons het verskeie moniteringstelsels wat afhanklik is van permanente kommunikasie.
Inspekteur Shanjengange, hoe lank wil jy nog die hoof van Schmelenville beskerm. Uiters swak, hoop jy gaan gouer af. Schmelenville is ’n gemors, vir hoe lank onder jou?
Met verwysing na die leser se navraag oor raad vir bene wat pyn. Gaan vra jou apteker of kry by enige apteek die produk “Growing Pains”, dit kom in tablette, salf en ’n stroop. Dit het my baie gehelp.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie