No Image Caption

SMS’e vir 20 Julie 2022

Verval van staatskole. My geslag was vir 12 jaar in Karasburg se koshuis en nooit ooit het iemand gevoel hy moet die plafonne uitruk of enigiets anders afruk en breek nie. Dit was tog ons huis. Hy of sy sou terstond uit die skool en koshuis verban gewees het. Nou, moet die arme belastingbetalers weer opdok. Laat die ouers vir die skade betaal.

"Onmenslike verval by staatskole" - dis bog. Minder as ’n derde het te doen met instandhouding en agteruitgaan. Twee derdes is vernielsugtigheid deur leerlinge self! Dis hoe dit lyk as dissipline as rassisties en uit die ou bedeling gesien word. Kry vir julle. - SAP&H

Vandag weer die toestand van staatskole. Wat presies het Swapo in die laaste 32 jaar verrig, wat positief is. Absoluut niks!

Tog wil ons, die Januarie-huisgesin, vir Walters Funerals, Anna Tooispan en haar team, dankie sê vir die bystand wat hulle aan ons verleen het van dag een af wat ons moeder afgesterf het, tot die begrafnis en dienste wat hulle ons gegee het. Dit was uitstekend, hou aan my mense en ook die Laetare Lutherse Kerk, Karasburg se ouderlinge. Ouderling Oumatjie Vries, baie dankie vir die ondersteuning, die kore, blasers en die orrelis en gemeenskap van Karasburg, dis hoe ons dit ken en familie en vriende vir die ondersteuning. Met liefde van die Januarie-huigesin.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!