SMS’e vir 21 Februarie 2023
Tente, klaskamers as koshuise? Wat ’n skreiende skande! Waar is die regering? Hoe kan ’n leerling leer en sy beste gee in sulke haglike omstandighede? Daar word gekla oor die uitslae, maar kyk hoe min gee die regering om vir die Namibiese leerlinge. Jul bly in moderne huise, jul ry in ordentlike voertuie en eis S&T orals waar jul gaan. Jul verdien ’n groot salaris, jul sit in poste net vir jul eie gewin. Het nie ’n saak met dit wat op grondvlak aangaan nie. 33 Jaar het jul tyd gehad om julself te bewys. Nee wat, nog ’n 100 jaar en dit sal nogsteeds so beroerd gaan. Die skip het gesink! Ek voel uit my hart uit jammer vir ons leerlinge!
My hele lewe betaal ek my disnis aan inkomstebelasting om staatsamptenare se salaris en medies te subsideer. Nou is ek op pensioen en doen dit nog steeds. Privaat medies kos my net oor 13 duisend namibiese dollar per maand vir twee persone, maar staatspensioenarisse betaal onder N$300 per maand vir basies dieselfde voordele. Askiiiiiees? Hoogtyd dat staatsmedies markverwant aangepas word. GRN julle melk ons droog!
Sal GRN reageer. Die HR wat aangestel word by die Village Council, Town Council kies die laagste ruit (sic) en betaal die brandweermanne wat met vuur werk. My man is dood in sy werk in die blus van die brand. Die GRN verhoog alles van die brandweermanne, maar hulle kry nie wat die GRN hulle betaal nie. Die HR, CEO en finansiële bestuurder is nie eerlik nie en betaal die brandweermanne niks. Ek gaan kantoor in en uit, maar het nog niks uitbetaling gekry van my man, wat ek al vyf maande gelede begrawe het! Hier is ’n ondersoek broodnodig! By die Village Council en Town Councils!
Republikein van 7 Februarie 2023 verwys: Carmen Forster van Old Mutual het die kat aan die stert beet, sover dit die Basic Social Grant, maandelikse bedrag betref. Ou mense ontvang maandeliks R1 300 en nie R1 400 nie. Oumenspensioen is ongeveer vyf jaar gelede laas aangepas. – Eddie
Karasburg Town Council, die bestuur van die dorp is bitter swak! Sien julle wat gaan in die dorp aan! Hoekom stel julle ’n tegniese beampte aan, wat nie weet hoe die dorp lyk nie en hoe die strate lyk nie! Sy sit heeldag op haar foon! Het ’n kantoor in haar huis! Het Karasburg Town council nie ’n kantoor waar die tegniese beampte kan gaan sit nie. Niemand van die dorpsbestuur weet dat sy werk nie. Gee haar werk vir die voorman, en lê op haar foon! Die dorp het geleerde kinders wat graad 12 het, wat werk soek. Hoekom stel julle mense van die Noorde aan, wat kom rus en nie werk nie! Die tegniese beampte het geen menseverhouding nie! Sy moet af van die stoel af! Ek het haar laas week heel week gaan sien oor my watermeter, maar niemand het opgedaag tot ek teruggegaan het nie! Karasburg Town Council-dorpsraad doen julle werk! Karasburg se kinders soek ook werk, stel jul dorp se mense aan! Is ’n instansie en nie julle maatskappy!
Land grab. Mag Comrade Ephraim Nekongo praat van genocide volgens die geskiedenis van destydse Suidwes-Afrika? Vra maar net.
Aaaaaiiiii tog. Ek sal tog weer die dinkwerk doen. In ander lande word dit gedoen, omdat hulle die waarde van hul boere besef, wat die land se mense aan die lewe moet hou. Al glo die £@{} dat kos deur Spar of Pepstores geproduseer word. Hoekom loods die koerante en radiostasies nie van tyd tot tyd ’n veldtog om die belangrikheid van die boerderysektor te verduidlik nie. Dalk help dit teen plaasmoorde, veediefstal en dat Amupanda dalk, net dalk ook soos die res van die land sal verstaan hoekom die Rooilyn nie verwyder kan word nie.
Sondag, 19 Februarie 2023. MTC skakel af, geen selfoondiens. Is julle van jul kop af? Hoekom skakel julle nie permanent af nie, dat ’n professionele een kan inkom.
CoW, Jasmyn street in Khomasdal is full of potholes. Make a plan and river sides between Mahatma Ghandi and Jasmyn street.
Ek sien ons land is op die agteruitgaan pad. Voor ons die regering blameer, kom ons begin eers by die privaat sektor. Maak reg julle dienslewering en spaar geld, om julle goeie werkers te beloon, wat iets beteken. Steek die ander klomp wat niks doen en wag vir salaris elke maand in die pad. Dit is onregverdig vir die goeie werker wat mos sien hoe hy of sy werk en ander lewer nie diens nie, maar word elke maand ook betaal.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie