SMS’e vir 21 Julie 2023
So, om TransNamib se uitgawes te sny, word die pensioenarisse se mediese subsidies opgeskort. Hulle wat hul hele lewe vir TransNamib gewerk en opgebou het, sodat die huidige bestuur groter salarisse kan kry, hulle wat die plek in die grond in bestuur, want die geld droog dan nou op? Wat se mooi voorbeeld vir die land! Gooi julle ou weerlose mense onder die bus! Sies man!
Vyftien miljoen vir parlementsreise! Baie pensioenarisse kon ’n ordentlike staatspensioen gekry het, dis net eenvoudig diefstal van Namibiese burgers se belastinggeld.
Kristien Kruger skryf in Republikein, die afskuwelike wêreld waarin ons lewe. Afskuwelike wêreld, regtig? Die wêreld makeer niks soos in zero, dis by die mens of mense waar die probleem lê! – SAP&H
Watter imbesiele in Namibië weet vandag nog nie hoe om op ’n snelweg of deurpad te ry nie? Asseblief mense, die regterkantste baan is nie daar om in aan te kruie nie, dit is daar om stadige karre in die linkerkantste baan verby te gaan en dan weer terug te beweeg na die linkerkantste baan toe.
Die nuwe letters Lüderitz, op Aeroplanebaai lyk inderdaad baie vrolik, kleurvol en uniek. ’n Aantreklike fokus vir vele selfies en vakansie-aandenkings. Veels geluk, Beautification-projek en Ants Creations. Ek hoop die umlaut/dotjies op die letter U gaan nog bygevoeg word.
Ek wou net verneem wie is die koshuisvader van Vooruitsig Hostel, is dit Garoëb. Kan u my reghelp, want ek sien hy is pal daar elke uur en oomblik.
Nog ’n skool-euwel. Ouers wat oueraande bywoon, kry ’n strikkie wat die kind toelaat om privaat klere vir ’n dag te dra, met die strikkie om te wys wie se ouers die vergadering bygewoon het. Die ouer wat ’n terminale lewensmaat versorg, of die enkelma wat heeldag werk om kos op die tafel te sit en nie kan gaan, se kind word uitgesluit. Dan vra ons, waar kom boelies vandaan!
Dit sal ook net Geingob wees wat daai Russiese ambassadeur se nonsense pratery oor Oekraïne-oorlog glo, plaas hy hulle uit die land jaag.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie