SMS
SMS

SMS’e vir 21 Mei 2024

Mandy Rittmann
Bravo Annina. Jy is ’n dapper meisie.

Wettelose land – die verkeersbeamptes is op die paaie en strate, maar om bribes te vat, het so ’n lekker ekstra inkomste geraak, dat die staat ernstig uitmis op die boetes wat ingevorder moet word, wat in die verkeersbeamptes se sakke opeindig. Nie almal nie, maar baie. Ek praat feitlik daagliks met motoriste wat spog dat hulle weer ’n spietkop gebribe het.

Namibië raak nie ’n wettelose land nie, Namibië is lankal ’n wettelose land!

Dis tog soos die Engelsman sê, “daylight robbery”. Vandag se koerant is nie N$9 werd nie en nog vir ’n bejaarde soos ek nie. – Manfred Morkel

City police officer #54415, jy gee vir my ’n boete van N$500, omdat ek op die randsteen voor Inland Revenue geparkeer het. Langs my en agter my staan GRN-voertuie wat ek daar kom kry het, hulle kry geen boetes nie. Ek wil graag weet, is die GRN-voertuie en die -bestuurders verhewe bo die Namibiese wette? Die rede hoekom ek daar parkeer het, is omdat ek een been het en daar geen parkering naby die ingang beskikbaar was nie. Moenie worry nie, ek sal die N$500 uit my disability grant betaal.

Ek dink Republikein moet die RedForce-kontrak met Stad Windhoek ondersoek en ’n artikel plaas oor presies hoe dit werk. Ek het van RedForce se state gesien, en dit wil voorkom mense wat klaar sukkel om kop bo water te hou, word kwaai gerook met ekstra kostes wat op hulle rekening bykom vir RedForce.

Ek is bewus dat in my strewe na en die verdediging van regverdigheid dit natuurlik is dat ek baie vyande ook sal maak. Ek kan daarmee saamleef, my lewe is nie ʼn gewildsheidskompetisie nie. Dis beter om oor ʼn regverdige beginsel gehaat te word, as om beginselloos almal se liefling te wees.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!