SMS’e vir 21 November 2022
Stem saam met die leser wat kla oor die bevoegdheid van die Nasionale Rugby Spanbestuurder. Die spanvertoning ly daaronder. Daar is soveel wat baie meer waarde kan voeg en nie net soustrein ry nie. Meneer Heynes stel ondersoek in asseblief. Die nasie soek antwoorde!
Rugbytoer. Wat het die arme spanbestuurder met geel kaarte te doen? Klink weer soos muitery. Tweet liewer vir Rassie.
Hiermee spreek ons ons waardering uit teenoor NaTIS Karibib se bestuurder, sowel as sy klerke oor hul besonderse behulpsaamheid en vriendelikheid! Baie dankie!
Die grysklip-mynwerke by Rehoboth weegbrug besoedel die omliggende natuur. Wat van mense wat daar werk en in die omgewing woon. Die stof is te erg vir mens, dier en natuur. Word daar stof- en besoedelingsbeheer toegepas deur die relevante owerhede?
Die krieket WC was lekker. Ek het nie DSTV nie, want dit is te duur. Het tydens games na privaat radiostasies geluister vir tellings en saans highlights by buurman gaan kyk. Dankie buurman. Waar was NBC en Hartklop Radio? Namibië was ook daar. Julle nie geweet nie?
Ons wil net vra dat MTC asseblief vir ons deurgee tot wanneer ons die foonnommers moet registreer. Op die oomblik gaan dit dol en ons sit in rye. Dankie.
Munisipaliteit-Otjiwarongo. Mense soek onse stemme, maar hulle se diens is baie swak. As jy na die government se erwe kyk in die dorp, lyk dit soos ’n plaas so hoog staan die gras.
’n Groot asseblief aan almal wat ’n posbus by Ausspannplatz-poskantoor het. As u ’n brief en posstukke in u posbus kry, wat nie op u naam en posbusnommer geadresseer is nie, gooi dit asseblief in die rooi posbus of lewer dit by die poskantoor af. Dit is vanselfsprekend, dat niemand pos oopmaak wat nie aan die persoon geadresseer is nie. Ons ondervind dikwels dat briewe wat nie aan ons geadresseer is nie in ons posbus beland. Ek skryf dan die posbusnommer wat op die brief staan in groot syfers op die brief en gooi dit in die rooi posbus. Ons maandelikse rekeninge mis ons dikwels. Ons verwag vanaf September maand pos van oorsee. Waar is die fout, dat posstukke van oorsee nie in ons posbus beland nie, soos dit moes nie? Het iemand ’n antwoord. Ons sal dit baie waardeer. Baie teleurgesteld.
Een groot supermark in Katutura se diens is vrot. Wag ure voor jy gehelp word, al is dit ook ’n pensioenaris. Mense is op selfone, op en af na winkels, dan word jy nog later teruggestuur, want hulle weet nie hoe om the help nie.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie