No Image Caption

SMS’e vir 22 April 2022

Dis maklik vir die regering om in vandag (Donderdag) se koerant te sê die reusebehoefte aan infrastruktuur kan weens die druk op die staatskas nie deur die regering alleen gefinansier word nie, maar as hulle minder gesteel het, kon baie meer projekte betaal word.

Paaie en strate vol gate, vullis wat ophoop, ’n nie-werkende rioolstelsel waar die kinders in rioolwater speel, die voetgangers moet in die strate loop, want die gras en vullis groei ’n meter hoog op die sypaadjies. As dit is wat die raadslede en amptenare vir die inwoners doen, terwyl hulle massiewe salarisse ontvang, vra ons dat hulle almal moet bedank, want ons verdien beter. Of is Grootfontein maar ’n probleem town?

Wat gaan met vandag se mediese dokters aan. Jy maak ’n afspraak met hulle en dit word bevestig. Jy as die pasiënt daag op tyd op vir die afspraak, maar die dokter is land uit of hy is nie by die spreekkamer nie. In jou groen paspoort kry jy jou tyd en datum vir ’n afspraak by die staatshospitaal, maar die dokter is nie beskikbaar nie as jy daar opdaag. Jy moes moeite doen per bus om dit na te kom, maar hy is nie daar nie. Weer word jy van bakboord na stuurboord gestuur en ’n volgende afspraak word vir ’n week later gemaak. Laat dokters tog weer dokters word asseblief. Ons wil julle vertrou met ons gesondheid. – Pensioner

Onthou tog mense. Ons is in herfs op pad winter toe. Die seisoene van bietjie tot baie koud. Die griepseisoene waarmee ons grootgeword het. Gebruik ouers en grootouers se rate asseblief. Sommer van vandag af.

Ek is op soek na die persoon in Windhoek wat die ton hoendermis verkoop se nommer asseblief. Hy kan my kontak by 081 328 9706.

Kan iemand my tog help met winterklere vir my 10-jarige dogter asseblief en nommer 1 toeskoene. Ons bly in Rehoboth en sal dit baie waardeer. – 081 650 8309

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!