SMSe (002)
SMSe (002)

SMS’e vir 22 Desember 2022

Mandy Rittmann
Ag twak! Raak Esau nie skaam om so te staan en lieg nie. Nog al, ek is geblinddoek en mislei om dokumente te onderteken en dat hy nie vir Gustavo ken is regtig ’n groot grap om oor te lag. Sappig nê?

Mnr. Esau jy lieg jouself elke dag meer en meer in die verleentheid in. Ek kry skoon skaam namens jou familie. Dankie vir die bloot lê rondom die reistoelaes. Ten minste weet ons nou, hoekom niemand beskikbaar is om hulle werk te doen nie. Lê in die buiteland rond!

Hoekom is City Police en traffic police nou so besig. Wat doen hulle die res van die jaar? Dit behoort ’n daaglikse werk te wees!

’n Opregte dank aan Paramount Nammed Medical Aid Fund. U het ons weer deur ’n moelike jaar gehelp. As ’n pasiënt gee u mediese fonds ’n gemoedsrus. Sonder geldsorge gesond te kan word. Op Nammed kan ons staatmaak. Dankbaar vir julle vriendelike diens aan ons as kliënte.

Mariene akwakultuur Langstrand. Baie dankie vir die kaart, merk asseblief X is die spot.

Ek is nou 50 jaar oud en wil my graad 10 klaarmaak. Behalwe Namcol waar anders kan ’n mens dit doen. Dankie.

Die openbare visskoonmaakplek op Langstrand is septies, vieslik en ’n seeroog. Omdat daar net sand en geen plaveistene rondom is nie, is dit ’n pappery en ’n nat gemors, nadat mens daar vis skoongemaak het. Komaan munisipaliteit Walvisbaai, doen julle geen onderhoud meer hoegenaamd nie?

Wat gaan aan op Langstrand? Dis nou al die tweede dag dat huise van die namiddag af geen water het as gevolg van geen waterdruk. Bel mens Walvisbaai-munisipaliteit, word jy meegedeel die munisipaliteit is onder geen verpligting om water aan kliënte te verskaf nie. Watter belaglikheid is dit?

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!