SMS’e vir 23 April 2024
Het Karasburg se owerhede en gemeenskap nie gelees of gehoor van daardie gruwelike ongeluk so ʼn tydjie terug by Rehoboth waar ʼn bees op die pad die oorsaak was van die ongeluk en mense wat gesterf het nie? Hier by Karasburg wei die perde in die gordel en daar is geen teken van wie die eienaars is nie. As daar ʼn ongeluk is en mense gaan dood, dan kan die polisie vinnig ʼn plan maak, maar anders skitter hulle in hul afwesigheid. Wie moet sorg dat die diere nie in die gordel wei nie? Moet daar nou eers ʼn ongeluk plaasvind voor iemand die perde verwyder? Dis regtig ʼn groot probleem!
Rukoro-erwe: Rehoboth Town Council wag dat mense die N$5 000 betaal om erwe te diens en dié wat geteken het vir ongedienste erwe wag vir dienste gelewer voor die N$5 000 betaal word. So niks gaan gebeur. – Bitterbek Beukes
City police moet meer in Donkerhoek rondbeweeg. Skelms is woelig en dwelms ʼn probleem. Voer klopjagte uit!
NaTIS, party ou mensies het darem ook ʼn karretjie. Help tog vir hulle! Gee asseblief tog vir hulle ʼn bietjie afslag op die lisensiegelde!
In teenstelling met ons wyle president se wense, beweer die regering hulle kan slegs N$1 600 per maand elk vir die oumense bekostig, maar hulle betaal reeds N$2 200 per maand elk aan kwalifiserende veterane. Hoe werk dit? Wys my asseblief dat maandelikse lewenskoste vir die oumense N$600 minder is as vir daardie veterane. Myns insiens is dit onregverdig.
Ek wil baie graag hoor waarom DStv nie meer die “Rugby Pasifica highlights” op Catch Up sit vir ons kykers wat nie tyd het om elke wedstryd te kyk en wat eerder net hoogtepunte wil kyk nie.
“Essensie van kerkwees” van Andre Mouton beklemtoon baie van die lidmate se siening. Waarom nog verdeeldheid?
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie