SMS’e vir 23 Desember 2022
’n Opregte dank aan Paramount Nammed Medical Aid Fund. U het ons weer deur ’n moelike jaar gehelp. As ’n pasiënt gee u mediese fonds ’n gemoedsrus. Sonder geldsorge gesond te kan word. Op Nammed kan ons staatmaak. Dankbaar vir julle vriendelike diens aan ons as kliënte.
Mariene akwakultuur Langstrand. Baie dankie vir die kaart, merk asseblief X is die spot.
Ek is nou 50 jaar oud en wil my graad 10 klaar maak. Behalwe Namcol waar anders kan ’n mens dit doen. Dankie.
Die openbare visskoonmaakplek op Langstrand is septies, vieslik en ’n seer oog. Omdat daar net sand en geen plaveistene rondom is nie, is dit ’n pappery en ’n nat gemors, nadat mens daar vis skoongemaak het. Komaan munisipaliteit Walvisbaai, doen julle geen onderhoud meer hoegenaamd nie?
Wat gaan aan op Langstrand? Dis nou al die tweede dag dat huise van die namiddag af geen water het as gevolg van geen waterdruk. Bel mens Walvisbaai-munisipaliteit, word jy meegedeel die munisipaliteit is onder geen verpligting om water aan kliënte te verskaf nie. Watter belaglikheid is dit?
Kan die gewilde busdiens se toiletgeriewe gediens word asseblief! Dit ruik nie goed nie.
My werker kla nou oor die Republikein van vandag wat so dun is. Hy kan net twee zolle swaai uit die koerant, dan is hy klaar.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie