SMSe (002)
SMSe (002)

SMS’e vir 24 Januarie 2023

Mandy Rittmann
Dit raak nou regtig frustrerend om by ’n toe swembad te kom, omdat daar nie ’n lewensredder is nie. Dis nou die Katutura-swembad. Olympia-swembad het blykbaar nie die probleem nie, boonop oefen klubs ook daar. Ons word maar weer vergeet en afgeskeep. Sorteer asseblief uit mnr. in charge.

Het iemand asseblief raad vir pyn in knieë. Loop baie moeilik, val sommige kere, want knieë knak dan val ek sommer.

Ek het vandag vyf Damara-sprekende vrouens in Suiderhof, Springbokstraat, gekry, wat die kruis wat ek dra bestraf het, deurdat hulle die bloed van Jesus geroep het. Hulle het uitgeroep, jou vyand, jou duiwel wat die kruis dra. Ek hoor baie keer dat die mense vir enige dinge die bloed van Jesus gebruik, wat verkeerd is. Jesus se bloed is nie goedkoop nie. En dit mag nie uiterlik gebruik word nie. Die mense baklei met die kruis wat niks maak nie. Die kruis wat ek ronddra, is glad nie skuldig nie. As die kruis vir jou ’n struikelblok is, dan moet u tot bekering kom om te verstaan. Kontak nommer 081 309 4098, dan gesels ons.

MTC, TRIVIA *111# where you award us with points whenever we buy credit. We never ever heard of any MTC user who’ve won these ghost prizes.

Ontevrede werkers van N.P.S. skakel mnr. Sacco @ 081 354 7924 vir hulp en advies.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer