SMS’e vir 25 September 2023
Ons gaan kyk op die websites wat werk adverteer en doen aansoek as daar is, maar kry nie werk. Het alles wat vereis word vir die poste tot ’n rybewys. Dié wat in die kantore sit, hulle families en vriende kom in, ons aansoeke beland in die asdromme. Hoekom word die poste dan geadverteer? Regering, ons soek werk, ons vergaan!
*
NSFAF skakel ons op die nommers wat hulle die kinders gee, maar hulle tel nie op nie. Ons as ouers het aansoek gedoen vir die kinders vir hulp die hele jaar, tot nou toe het hulle niks geld gekry van NSFAF nie. Hoe moet die kind studeer, kind bly in Windhoek en moet blyplek betaal, taxi ry elke dag, maar kan nie? Kind word uitgesit, as die kind sy vakke verander betaal NSFAF niks, waar moet die ouer geld kry om die kind te help? Die kinders kry nie betyds hulp by NSFAF nie, die kind studeer by Nust, hoe moet ons kinders leer as die regering nie kan help nie? Slim kinders word later straatkinders, minister van NSFAF help!
*
Die leeu Mwezi ken nie die verskil tussen vee en wild nie. As hy honger is soek hy kos. Daar is ander ook wat vee en wild steel as hulle honger is. Moet hulle nou ook geskiet word? Wonder maar net.
*
Sien weer eens in die koerant oor huurbeheer in ons land. Daar is ’n oplossing, koop eenvoudig jou eie huis as jy kla oor huur. Ek het al gesien dat sommige huurders motors ry waarvan die paaiement maandeliks duurder is as die huur wat hulle moet betaal vir ’n huis. Laat mens wonder, of beteken dit dat iemand ’n huis moet koop en ’n huurder moet basies gratis in die huis bly?
*
Elke jaar dieselfde probleem. Die munisipale swembad in Keetmanshoop moet elke jaar herstel word. Die plek word elke jaar vir twee weke oopgemaak, dan raak die water groen. Waar in Keetmans kan ons publiek gaan vir ’n bietjie koelte? Dis vrek warm in die Suide. Iemand help!
*
Ten opsigte van die spoedlokvalle op 18 Oktober op die Gross Barmen-pad. Die verkeerskonstabels was heel bewus dat die tekens nie daar was nie.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie