SMS’e vir 26 April 2024
Dis tyd dat mediesefondslede saamstaan. Die mediese fonds waar jy lid is behoort aan die lede. Nie aan die raad van trustees, principal officer, administrateur, Namaf of Namfisa nie. Lede is die eienaars van hul mediese fonds.
Berig oor mediese fondse: Ons betaal vir alles, Namfisa-levies, Namaf-levies, ook so met versekering. Dit raak net te erg. En dan is die petrolprys ook op. Iewers moet iemand minder pocket. Kyk maar net hoe loop MTC ons in met data.
Dit is hoe ʼn hospitaal se toilet lyk, maar hulle hou die wêreld vol meetings en workshops.
Ministerie van gesondheid. Wil julle nie ʼn ondersoek instel by die ministerie van gesondheid op Mariental nie? Dis die enigste ministerie wat so baie workshops en trainings hou, maar die dienste by die kliniek en hospitaal gaan agteruit en niks verbeter nie. Hulle is almal 8 tot 5 werkers. Oumense moet van vroeg in die oggend by die kliniek en hospitaal sit, om gehelp te word en jy moet wag tot ʼn dokter jou kom sien. – Bekommerde inwoner van Mariental
Dit word hoogtyd dat banke vasgevat word oor hul diensfooie, dis nie net die fooie op hul kaarte nie, dis ook die fooie op kontantonttrekkings wat astronomies is, veral pensioenarisse ly daaronder, om nie eens te praat van hul slegte diens nie.
Enige vordering met dubbelpad vanaf Sean Mcbride-verkeersligte tot by Mandume-verkeerslig!
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie