SMS’e vir 26 Januarie 2024
NEE, ek gee nie ’n flenter om vir wat die redes is hoekom ’n gemors die perde so gemartel het deur te weier om vir hulle kos te gee nie! As jy te sleg is om vir ’n dier te sorg, dan kry jy nie diere nie! Dit is beslis baie eenvoudig!
Van die pompfiasko by Berg Aukas na ’n ander water aangeleentheid: Besef die regering en Namwater dat Namibië skynbaar ’n ernstige droogte in die gesig staar en dat byvoorbeeld Von Bach-dam minder as 12% water in het? Maar hulle swyg daaroor. Is daar enige planne in plek, wat nog van ’n Plan B om ’n moontlike krisis af te weer?
Die pompfiasko by Berg Aukas en die droë Omatako-kanaal verwys: Besef die regering en sy owerheidsinstellings (Namwater en al) na bykans 34 jaar van regering nog nie dat onderhoud, herstel en vervanging van pompe en ander toestelle van tyd tot tyd nodig is en gedoen moet word nie? Pateties!
Munisipaliteit Mariental, Kortstraat - Ek het ’n probleem met die vriend of vriendin wat nie lief is vir netheid en gesondheidreëls nie. Vuil doekies word in jou en ander se asdrom gegooi sodra dit leeggemaak is, of anders word dit oorkant die straat leeggemaak. Die wind en honde dra dit in en voor jou erf. ’n Vriendelike en ’n liefdevolle beroep, ek gaan nie daal tot u vlak. Dis ons dorp, kom ons werk saam. Laat sak strydbyle, die tyd is kort. Mag u sy vrede ervaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie