SMS’e vir 26 Julie 2023
Stadige karre in die regterbaan. En wie gee jou die reg om te jaag? Die spoedlimiet is 80 km/h vir die “vinnige” baan. As jy onwettig wil vinniger ry, gebruik maar jou flikkerlig.
Ons kan nie langer toelaat dat kapanavleis vry is van naspeurbaarheid, vry van gesondheidsinspeksies en belasting nie, omdat dit as informele handel geklassifiseer word.
Graag wil ek by die owerhede verneem, waarvoor die spoedbeperking is anderkant Arandis van Swakop se kant af. Dit is ’n oop pad met sigbaarheid vir kilometers.
Ek is van Tsumeb en besoek Swakopmund elke maand. Elke keer staan ek verstom oor die netheid en onderhoud van die kusdorp in vergelyking met die gemors in Tsumeb. In Tsumeb word niks instand gehou nie. Padtekens wat verdwyn word nie vervang nie. Spoedhobbels word nie geverf nie. Taxidrywers ry almal met selfone teen die ore rond, of hulle sit in die ry en stuur boodskappe, maar die blinde verkeersmense sien niks. Baie geluk Swakop, duidelik is julle munisipaliteit en wetstoepassers op die bol.
Wil tog hoor van bekostigbare mediese fondse, veral as jy afgetree het en nie meer ’n duur fonds kan bekostig nie.
Home Affairs is net ’n gemors. Die een wil die kontantstrokie sien en jy het jou paspoort, die ander een wil jou geboortesertifikaat sien, anders kry jy nie jou paspoort nie, die volgende wil jou ID sien, nou wat nou! Ons foto is mos in die paspoort, dis pure rondneukery.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie