SMS’e vir 26 Maart 2024
Wanneer besef die man op straat en in die parlement dat die koei die geld maak uit gras en nie die handelsbanke nie. Geen reën, geen gras, geen geld.
Wie jok vir wie oor hoe vervalle dit in Etosha is en hoe sleg die paaie is? Familie was die naweek daar in Okaukeujo-omgewing en die paaie is ongelooflik sleg en vol sinkplaat. Daar is ook bykans geen pad- en watergat-aanwysings nie. Sies NWR!
Al hoop wat oor is dat uraan, diamante, minerale, vis en toerisme ons nie in die steek laat om geld te genereer vir alles wat ons moet invoer om te oorleef nie.
Ek hoor oor die nuus met die onafhanklikheidsvieringe op Katima het die tradisionele leiers dringend met onse president vergader om die droogte te bespreek en die regering te versoek om nie toe te laat dat mense van honger sterf nie. Darem snaaks dat ons wat darem al gevorder het op die ewolusieleer, nie van die regering vra vir voedselhulp nie. Pateties en wanordelik.
Wees asseblief uiters versigtig as ’n sekere Kevin Mouton jou bel op jou selfoon en hom voordoen as ’n bankbeampte van Standard Bank. Hy gebruik ’n private nommer wat nie opgespoor kan word nie. Meld dit dadelik by jou bank aan!
Tot die “Thank you for the SMS” is in Engels. Red nou ’n nasie.
Sjoe! Ek is hartlik moeg daarvoor dat Engelse briewe gepubliseer word, daarvoor het ons mos Engelse koerante? En dan praat ek nie eens van die meer as driekwart van die inhoud in elke aflewering wat in Engels is nie. Hoekom nog ’n Afrikaanse koerant uitgee?
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie