SMS’e vir 27 April 2022
Ook ’n generaal se hande is afgekap as die Ombudsman besluit mense sonder werkspermit, ID en vingerafdrukregistrasie mag nie vervolg en teruggestuur word nie. Asseblief, deporteer die wat geen ID het nie en stuur die werkgewers wat hulle onwettig in diens neem tronk toe.
Wanneer leer ons by Botswana om kriminaliteit uit te roei?
Meisie wat kinders mishandel: Sy het die kinders sonder die pa se hulp grootgemaak. Nou sê die wet in Namibië dat die kids by die pa moet bly. Hy het nie blyplek nie, Hy bly by sy ouers. Wat sê die wet daaroor?
Hoe kan munisipale skuld oploop tot N$53 000 000? Vir my sny hulle af as ek ’n paar dae laat betaal. Maak die wanbetalers bekend asseblief.
Die rooi robot in Hospitaalstraat in Tsumeb is sedert Februarie al buite werking. Ek hoop die munisipaliteit gaan verantwoordelikheid vat as iemand se kind of vrou daar doodgery word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie