No Image Caption

SMS’e vir 28 April 2023

Outsurance, julle is die beste. Wag nie lank vir ’n uitbetaling vir eis.

Moet ons gedurig afrigters van " buite" soos Pine Pienaar, aanstel? Ons kan mos wragtig elke vier jaar ons eie mense ontwikkel. Ons kwalifiseer dan vir die hoeveelste keer vir RWB met Namibiese spelers?

Waarom die regering nie Mashare kan beskikbaar stel vir private produseerders wat dit huur, belasting betaal en produktief kan gebruik nie, gaan 'n mens se verstand te bowe.

Kan iemand asseblief raad gee vir pyn in knieë? Ek sal dit baie waardeer.

Die paluka-prys gaan hierdie week aan Walvisbaai-munisipaliteit. Hulle word genomineer vir die grootste groep onbekwame mense in die land. Mnr. die burgemeester, my kontrak is met julle en nie met NamWater. Weerhou die 10 miljoen wat julle hulle maandeliks betaal en die probleem met Langstrand se water sal vinnig opgelos word. Kry julle huis in orde of gaan huis toe dat daar bevoegde mense wat lus vir werk is, aangestel word.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!