SMS’e vir 28 Junie 2023
Ek stem saam met die lesers. Karasburg is ’n bitter vuil dorp, want van die inwoners gooi hul vuilgoed in of langs die strate, woon in ’n netjiese groot huis, maar jou vullis verraai jou. Ek is geleer, het respek vir jou medemens, hy of sy is nie daar om jou gemors op te tel nie.
Kan die Okahandja-munisipaliteit asseblief die slaggat in die middel van die vierrigtingstop by Spar regmaak?
Hoe is dit moontlik dat 14 maande nadat iemand oorlede is, die naasbestaandes nog nie die pensioengeld ontvang het nie? As mens vir Alexander Forbes bel, is daar honderde verskonings, en dit nadat dokumente al tien keer oor en oor gesertifiseer en ingegee is! Dit is ’n skande, jul hoort jul te skaam. Intussen moet naasbestaandes sukkel om mediese onkoste te betaal. Jul behoort julle te skaam!
Sal graag wil weet, hoe werk MTC se data. Ek gebruik nooit SMS’e nie, net WhatsApp. Het twee dae terug my rekening betaal (ek is op kontrak) en toe ek na Kosmos Radio ’n SMS wil stuur, toe kry ek boodskap van insufficient funds! Hoe op aarde is dit moontlik?
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie