SMS’e vir 28 Oktober 2022
Wie pas nog die rookwet toe? Omtrent orals waar jy gaan eet, rook mense rondom jou. Al sit jy in die buitelig mag die lodge of restaurant nie toelaat dat mense rook waar kos bedien word nie?
Die feëtjiesirkels. Daardie wetenskaplikes het nog baie om te leer. Dat die permanente gras rondom die sirkels die water horisontaal na jul wortels toe aantrek, kan moontlik wees by ’n sirkel of kaal kol wat reeds bestaan. Dit is beslis nie dit wat die ronde kaal kolle oorspronklik veroorsaak het nie. ’n Graspol wat op die kant van die sirkel staan, het mos wortels na die buitekant toe ook, waarvandaan hy ook water opneem. Waarom is dan net aan sy een kant ’n kaalkol en aan sy ander kant ’n aanmekaar, permanente gras? Waarom sal al die graspolle rondom die kaal kol oorspronklik die vog slegs van jul een kant af mooi in ’n sirkel vorm opneem? Waarom is die kolle almal rond en ongeveer ewe groot?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie