No Image Caption

SMS’e vir 29 April 2022

Die stelsel vir die oplaai van inentingbesonderhede is een groot frustrasie. Selfs van die operateurs by die Covid-hulplyn het erken daar is foute.

Die Brakwater-kwessie se onbeantwoorde vrae. Op een punt het mnr. Matonga darem lig gewerp, naamlik dat tariewe en belasting nie onderhewig is aan ’n vlak van diens nie. Dit word op vele terreine só ervaar, niks nuuts nie.

Hoekom nou die stilte? Kan ons asseblief weet wat gaan aan rakende ons pensioengeld in die staatsdiens? Nou is dit doodstil?

Word daar nou voorspraak gemaak vir die skiet van die volgende olifante? Ons bly in hulle habitat.

Dus nou al maande wat ons CoW smeek om die hoop sand wat hulle bymekaar gemaak het in Oryxstraat te verwyder. Beloftes, maar laat ek nou ’n hoop sand op my sypaadjie laat aflaai, dan is hulle in sekondes daar om my aan te spreek.

Terwyl ek dankbaar is dat die C30-pad naby Gobabis hergruis word, moet ek sê die ompad en verkeerbeheer is pateties. Die ompad is met met ’n stootskraper gestoot, sedankar sit vas en haak vas oor die groot middelman. Gister het ’n klip in die sand my bakkie se duur band se sywand flenters gesny. Rêrig, RA sal die kontrakteur moet aanspreek.

Die treinspoor loop 200 m van my huis verby. Menigmaal raak die trein onklaar hier regoor my plek. Dis van half vyf vanoggend af weer die geval, die trein staan. Dis nou al op pad 6uur toe en so ruk en pluk dit, maar trein se kind staan.

Kan Kaisames nie hul telefoonnomers in hul afdelings uiteensit nie? Ons sukkel met nommers asseblief. Maak gebruik van Republikein, ons lees hom baie. Dankie.

Ai hene, dis so swaar met Bondelswarts. Daar is niemand wat dink of praat van wyle chief Josef Christiaan se grafsteen, wat het hy verskuldig aan die volk? Elkeen wil nou kaptein word, wat beteken die struktuur is nou op doodloopstraat, maar onthou die Here is nog daar. Die volk krepeer maar dink wat het die Here met Israeliete gemaak. Elkeen sal rekenskap gaan gee voor die Here. Laat chief Josef Christiaan se bene rus. Daar is mense wie se trane loop.

Evert Nortje van Lewis store, Soweto. Baie dankie vir jou vriendelike diens en behulpsaamheid. Ek waardeer dit hoog. Van T.

Namcor in Karasburg, wat ’n aanwins vir ons dorp! Heerlik om daar brandstof in te gooi. Vriendelike mense, skoon rylaan, netjiese geriewe vir byvoorbeeld vragmotorbestuurders. Geen bedelaars en mense wat jou lastig val as jy daar stop nie. Die winkel is netjies en heerlike wegneemetes! Baie dankie! Ons sal jul ondersteun! Hou so aan!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!