SMS’e vir 29 September 2023
Die Rugby Wêreldbekerreeks het gesorg dat een van die grotes, Australië in die groepwedstryde gesneuwel het. Ek het ’n naregevoel dat ons nog skokke kan verwag eerskomende naweek.
Graag wil ek weet, waarmee is van die sensusmense besig. Watse soort vrae is dit wat gevra word? Hoeveel in die huis, hoeveel vertrekke in die huis, spoeltoilette of nie, waarvan is die huis gebou, oefen jy elke dag. hoe oud is jy, slaap jy saam in een kamer, het jy ’n mikrogolf en aircon? Regtig is dit wat gevra moet word? Ek weet nie so mooi nie.
’n Welbekende groot security- en CIT-maatskappy in Rehoboth betaal sommer sy mense N$2 000 tot N$3 000 minder, omdat die werkers opstaan teen die bestuurder wat nie weet hoe om met mense te praat nie, en die mense soos honde behandel. Daardie labour inspector in Rehoboth sê vir die manne die maatskappy kan dit doen, want hy of sy is maatjies met die bestuurder.
Die Chinese eienaar van die honde wat die man doodgebyt het, sal niks oorkom nie. Eerstens, sy is ’n Chinees. Tweedens, Namibië behoort aan hulle en hulle kan maak net wat hulle wil in Namibië.
30 September, dit is dié dag waarop my oupagrootjie se werf, landery en selfs die waterpunt deur die Kaap ingesluk is vir goed. Sy beendere lê begrawe iewers onder die rooi sand van die Kalahari, staatloos. – Anton

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie