No Image Caption

SMS’e vir 3 Augustus 2023

Mandy Rittmann
Hoe bly kry die Chinese besighede tenders, veral staatstenders, as hulle nie in goeie stand is met NamRA nie? Ek dog alle besighede moet daardie sertifikaat aanheg om te kan tender. Besighede wat nie NamRA sertifikate van goeie stand kan verskaf nie, se tenders behoort outomaties uitgegooi te word. Normaalweg kom dit nie eers by die evalueringsfase uit nie. Of geld die procurement act net vir sekere besighede en mense?

Welgedaan Jerome, hou so aan. Ek het ook my regterbeen onder die knie verloor in ’n motorongeluk toe ek 12 jaar oud was. Vandag is ek 49 jaar en ek het dieselfde houding ingeneem, niks sal my in die lewe onderkry. Vandag is ek ’n suksesvolle sakeman. Hou moed en druk deur ou maat.

Loftie, baie geluk met jou grappige en toepaslike kommentaar by jou spotprente.

80% van die polisie is mos maar kriminele in uniform.

Is daar geen mens met verstand wat meer in Namibiese banke werk nie? Ek gee op.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer