SMS’e vir 30 Januarie 2023
Hoe wil ons hê leerlinge moet gemotiveerd wees, as hul die jaar begin sonder ’n skoolhoof, sonder ’n onderwyser, sonder skryfboeke, sonder handboeke en oorvol klaskamers.
MTC help my reg asseblief. Ek sit 30 dollar krediet op om SMS te stuur. Toe ek die 2de SMS stuur toe kry ek ’n SMS wat sê onvoldoende fondse? Hoe is dit moontlik? Dit gebeur herhaalde kere.
Ja, dit gaan my verstand te bowe! Jaar na jaar sien ons dat daar nie genoeg plek in skole is vir leerlinge nie. Ons sit met oorvol klasse. Wat is tot nou toe aan die saak gedoen? Jaar na jaar begin skole met poste wat nie gevul is nie. Leerlinge begin die jaar sonder onderwysers. Jaar na jaar begin skole sonder skryfboeke.
Ai, dis so erg om te sien hoe die manne wat houtwerk doen langs die Shell-vulstasie se houtwerk elke keer nat reën. Of hul moet in die bloedige son staan en werk. Is dit hoe min daar vir ons mense omgegee word? Kan daar dan nie vir hulle afdakke opgesit word nie?
Goed grootgemaak. Ek die enigste dogter het drie broers. Ons moes beurte maak: een was, een droog af, een pak weg, een vee uit. Ja, die manne se styl was ietwat onkonvensioneel. Ouboet droog af in ’n rekordtyd en kleinboet wat wegpak moet bondstaan om die vlieënde koppies te vang. Pa is vandag 82 en nogsteeds droog hy elke dag skottelgoed af. Geliefde manne, ek salueer julle! Keep up the good work.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie