No Image Caption

SMS’e vir 30 Maart 2022

Genade! Wat het van ons regstelsel geword, om die tannie Marieta Wilhelm vir moord aan te kla, haar in die tronk te stop en borgtog te weier! Wat ’n skande. Dit was selfverdediging. Wat soek die man op haar eiendom en kom rand haar aan! As sy dood was, was die prentjie heel anders en die een nog op vrye voet. Dit is ’n skande! Wat as hy haar doodgemaak het, hy was onwettig op haar eiendom! Dit is absurd.

Bedrog by taksman. Hoe pateties. Onmiddellik word die belastingbetalers gestraf en uitbetalings word gestop. Ons moes sorg dat ons belasting betyds betaal word, om rente en boetes te vermy en kyk uit vir ons terugbetalings, maar nee, nou is dit gestop oor bedrog in hul kantore wat al lank aanhou, maar nou eers ontdek word. Hoe pateties. Is nie ons belastingbetalers se skuld dat die geld gesteel is nie, maar ons moet nou daaronder ly.

Hans Beukes are correct with his letter in Republikein, 28 March 2022 about the discovering off oil at the Namibian coast. Hope the President learn something and get wiser.

Die lotto scratch cards wat te koop is by sekere winkels: aan wie gaan die opbrengs en die winste van die kompetisie? Gaan dit na hulpbehoewendes, armlastiges of kinderhuise? Ek het die vrae op hul Facebook-blad gevra, maar dit word nie beantwoord nie. Is daar nie mense van die mediawêreld wat hul voelers wil uitsteek en uitvind wat aangaan? Ek beskuldig niemand van iets nie, wil net weet wie baat by die krapkaart-geldmakery? Waar is die staatslotery, dat individue loterye loods?

Die nuwe geteerde hoofstraat in Okahandja is so toe van die sand dat die reën dit nie eers weggespoel kry nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!