SMS’E vir 31 Januarie 2023
Goeiedag, dit pla my nou al so lank. Wil graag net weet wat gebeur het met die onderwyser van ’n skool in Rehoboth wat met dwelms gevang was. Sit sy nog indie tronk of wat gaan aan? My vraag is daar word nêrens in die koerant of op Facebook iets van haar gesê nie. Sy is tog iemand se kind. ’n Ma van ’n kind. Hoe bekommerd moet die familie nie wees nie? Laat geregtigheid net geskied.
Die man wat in Windhoek gekaap is, moet Tsumeb toe trek. Die polisie daar is baie goed en laat nie sulke onsin toe nie.
Windhoek-munisipaliteit: Daar is te veel chloor in die water by Tacomastraat se omgewing, dit brand ons velle.
Die dame op die betaalpunt in Studio 88 in Dunes Mall, Walvisbaai, moet miskien ingelig word deur haar bestuurder dat die betalende publiek nie belangstel in haar sang tydens die betalingsproses nie. As jy wil sing, sing by jou huis, nie terwyl jy die publiek bedien nie. Die musiek op hul stelsel was ook oorverdowend. Ek moes buite wag terwyl hulle my grootte skoene soek, anders sou ek dalk oordromskade opgedoen het. Swak, swak, swak
Genoeg is genoeg – nou word dit tyd dat die betalende inwoners van Windhoek hul stadsraadlede self kies sodat Windhoek weer die stad word wat hy was – skoon, netjies en finansieel sterk.
Ai, dis so erg om te sien hoe die manne wat houtwerk doen langs die Shell-vulstasie se houtwerk elke keer nat reën. Of hul moet in die bloedige son staan en werk. Is dit hoe min daar vir ons mense omgegee word? Kan daar dan nie vir hulle afdakke opgesit word nie?
Goed grootgemaak: ek, enigste dogter, het drie broers. Ons moes beurte maak: een was, een droog af, een pak weg, een vee uit. Ja, die manne se styl was ietwat onkonvensioneel: Ouboet droog af in n rekordtyd en kleinboet wat wegpak moet bontstaan om die vlieënde koppies te vang. Pa is vandag 82 en nog steeds droog hy elke dag skottelgoed af. Geliefde manne, ek salueer julle! Keep up the good work.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie