SMSe (002)
SMSe (002)

SMS’e vir 4 April 2024

Mandy Rittmann
Gebid vir reën en dankie? Wat van die kere wat dit nie gehelp het nie? Sê liewers net dankie as dit reën. Dit sal reën soos die natuur besluit.

Weet die regering, Namwater en munisipaliteite (veral Okahandja-munisipaliteit waar die Von Bachdam geleë is), dat Namibië ’n erge droogte in die gesig staar? Is daar enige planne in plek indien die damme droog is? Rol julle moue op en trek julle vingers uit om iets te doen voor dit te laat is.

Okahandja-munisipaliteit, wanneer maak julle Mangaanweg by die Okahandja Mall reg?

NaTIS, party ou mensies het ook ’n karretjie. Help tog vir hulle! Gee asseblief tog vir hulle ’n bietjie af op die lisensiegelde!

NRU betaal asseblief julle educators. Die vlak 2-kursus is al drie weke terug aangebied en tot nou toe het julle nog nie julle educators betaal nie. Dit plaas julle unie in ’n baie swak lig. – Anoniem

Ek is tog opsoek na penmaats in Namibië om te gesels. My nommer is 081 375 9012 indien iemand belangstel, asseblief. Dankie.

Wat gaan aan met ons banke? Betalings na SA gaan binnekort verander, maar hulle sê niks vir ons hulle kliënte oor wat gaan gebeur nie.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!