SMSe (002)
SMSe (002)

SMS’e vir 4 Desember 2023

Mandy Rittmann
Wanneer sien ons sulke road blocks soos laas week buite Swakop buite Ondangwa en/of Oshakati?

Kaap Fria-hawe, en wie gaan hom dan bou? Die Chinese en dan is dit die 5de militêre basis rondom suidelike afrika. Daar is alreeds twee aan die ooskus, een aan die suidwestelike kus en een suid, suidwes in Angola.

Tyd is hier en baie vakansiegangers moet in daai gemors vaskyk. Nee man, ek skaam my dood.

Baie hartseer. My hele pay van die twee maande is uit my rekening getrek. Ek weet nie hoe sal ek uithou tot ons weer pay kry nie. Help my, weet nie hoe sal ek die maand sal deurmaak nie. Asseblief help my my mense, ek is 71 jaar oud. My hart is baie seer, mag die Here die hande seën en baie dankie. – 081 786 9587

30 kilometer rondom Karibib, Omaruru, Kalkfeld en Otjiwarongo is daar nie meer ’n gemsbokspoor nie. Alles is met ’n glimlaggie deur die straatmarkte bemark. Waar gaan dit eindig?

Ek was in die bevoorregte posissie om die Rugby World Cup by te woon. Hard gewerk daarvoor, maar een en een belangrike wysheid saamgebring en dit is respek, met respek kan jy alles verander. Dit is vir my die verskil tussen eerste- en derdewêreldlande. Dink hieroor, ons mense vandag het geen respek nie en dit is waar ons is. Met respek kan jy die wêreld verander. Respek is liefde.

Karasburg is die vuilste dorp waardeur ek nog gery het.

Kaap Fria, very bad dream. Maak eers ’n beter pad tussen Swakop en Usakos en verbeter treindienste anders mors ons geld soos met dr. Sam se Ovamboland-trein.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!