SMSe (002)
SMSe (002)

SMS’e vir 4 Julie 2023

Mandy Rittmann
Mense, ons moet besef hoe belangrik is ons toeriste vir Namibië. Toeriste van RSA kom by die Duwiseb-kasteel aan. Die kasteel is gesluit en die persoon wat die sleutels het is Maltahöhe toe. Regtig, dis pateties! NWR sal julle asseblief sorg dat sulke dinge nie gebeur nie.

City police, sluit asseblief die nagklub permanent toe wat snags so in die middestad raas. Selfs op ’n Sondagaand tot Maandagoggend as mense die volgende dag moet gaan werk. En moenie julle fone neerplak wanneer julle gebel word nie.

Baie dankie aan die ministerie in beheer van ons land se paaie. Ons grondpaaie in Namibië is regtig in ’n goeie toestand!

Rosh Pinah en Aus, dis die skoonste en netjieste twee dorpies wat ek nog gesien het. Selfs die nedersettings by die twee dorpe is so skoon. Jy sien nie vragte rommel en gemors rondlê nie, of vullis nie.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!