SMS’e vir 5 Julie 2022
Fantasties Savanna, nog ’n bewys dat SOE’s geprivatiseer moet word.
Ek is so teleurgesteld in Rehoboth Town Council. Die krag is al vanaf Donderdag laas week af in sekere dele van Blok C. Die rioolwaters lê soos poele waters in die erwe, want die krag is af en die pompe kan nie werk nie. Sal Town Council almal se bederfbare produkte wat bederf het as gevolg van die krag wat af is terugbetaal? Weet hulle hoe stink rioolwater by jou voordeur en agterdeur? Dink hulle Blok C se mense is diere of wat? Almal trek net skouers op en kan nie help om die krag te herstel nie. Wat het die gemeenskap met die stakings van die werkers te doen? Waar is die Councillor van Blok C? Waar is die CEO en Mayor wat die gemeenskap moet help? Nee man, dis onmenslik.
NBC, Kaisames se Sondag en ou mense se dienste is net herhalings. Waar is die honderde pastore, apostels, priesters en ouderlinge dat hulle nie kan help nie? Help ons tog asseblief Kaisames leidster, om hierdie dienste op die radio lewe te gee!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie