No Image Caption

SMS’e vir 5 Maart 2023

Die Woord van God sê as ons tevrede is met die bietjie sal hy ons meer seën. Kyk na die water en krag wat afgeskryf word en wees dankbaar? Amen!

Dis jammer dat die mees gefotografeerde gebou in Swakopmund so vuil en verwaarloos is. Die Hohenzollernhaus.

Waar is jou verantwoordelikheid om betyds op te daag by jou werk? Waar is jou respek teenoor jouself, jou werkgewer en die publiek? Waar is jou trots? Jy daag soggens 10 uur of 11 uur by die werk op, maar aan die einde van die maand soek jy jou volle salaris? Wat sê jy daarvan? Jy werk dan nie jou volle ure nie, maar jy kry jou volle salaris. Dit gebeur in Karasburg by ’n sekere kantoor.

Standard Bank nie almal van ons wil naweke “Blue vouchers” onttrek nie. Elke naweek moet jy van een ATM na ’n ander ry en brandstof mors. Maandag het ek uit Mariental gesukkel tot in Windhoek om kontant te onttrek. Sommige winkels het nie “swipe”-masjiene nie. Asseblief, kry nou julle huis in orde, daar is net te veel klagtes oor julle uitstekende swak diens.

MTC, verduidelik asseblief die volgende: Ek het N$8,25 op my foon. Ek sit N$40 lugtyd op. My balans staan op N$10,25. Hoe is dit moontlik?

Ek is ’n pensioenaris (68) en ondersteuner van die LPM, maar dankbaar en gee prys aan eerbare lid van parlement, me. Dienda. Ek is nie dankbaar vir wat die minister van finansies gedoen het tydens die budget nie.

Die polisie kla hulle het nie voertuie om ondersoeke af te handel nie. Kyk maar daagliks hoeveel polisievoertuie word misbruik, hoeveel staan daagliks vir ure by inkoopsentrums, hoeveel staan daagliks vir ure by privaat huise, hoeveel staan daagliks by sjebiens. Die stasiebevelvoerders moet hul kantore in orde kry, en die luies uitroei.

Wyle agbare president Hage Geingob, net ’n paar dae ter ruste gelê en een van sy laaste wense om pensioenarisse se inkomste te verhoog word verontagsaam. Skaamtelose Swapo. Alle pensioenarisse stem dr. Itula vir President! Mnr. Shiimi ek is bly ek is nie jou gewete nie.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!