No Image Caption

SMS’e vir 6 Junie 2022

Skokkende teenstelling op Republikein se voorblad: Alle lof aan Transworld Cargo en TransNamib vir inwerkingstelling van Gammams-syspoor. Siesa en vrot vir Erongo RED vir dubbele standaarde as dit kom by skuldverberging. - Peet Venter Snr

Dis juis van uitgesluit voel dat Namibiërs op sekere vlakke frustreer word en moedeloos raak. Rugby-ondersteuners, kom ons los die kekkel en vingerwys. Ek stem egter saam, elkeen kan op sy manier ’n bydrae maak tot ons geliefde spel rugby en sport in die algemeen. Ons hoef nie in ’n raadsaal te sit of ’n posisie beklee nie. Kom ons kwalifiseer eers vir RWB 23. Sterkte. - Robbie Thompson

Vader ek bid in die Naam van Jesus. Rig vir ons leiers in elke ministerie, veral in die onderwys, dat die vrees van die Here sal heers, dat ons as ’n volk na U sal terugdraai, terwyl daar nog genadetyd is. Laat daar herlewing en restourasie in elke ouerhuis, klaskamer en skool kom in Jesus Naam. Dankie.

Mense wat sê hulle het vir LPM gestem, maar daar het nog niks gebeur nie. Kom ek sê vir jou, jy het nie vir LPM gestem nie, jy wil net die party slegmaak. Jou Swapo GRN sit op die land se geld, LPM het nie toegang tot die land se geld nie. Met jou huidige oumens GRN is hierdie land en die jeug verdoem.

Sien daar is weer ’n naamlose fossiel wat God se oordeel oor sake uitspreek. - Noag

Hou asseblief op kla oor korrupsie. Dis onse Afrika en onse korrupsie. So as jy nie daarvan hou nie, gaan terug na jou se land van herkoms en los ons uit. - Joal

Groen energie nou eers? Doerie tyd as kinders het ons by damme en veeposte met GE gespeel. Dit was bekend as paddaslyk. - Peet Venter Snr

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!