No Image Caption

SMS’e vir 6 September 2023

Sanet Pearson
Met alle respek, die naweek se skolerugby-skeidsregter asook lynregters met sekere beslissings nie op standaard nie. Bekommerd oor ons rugbytoekoms.

Ek verstaan nie hoe kan huiseienaars vir jou wat ’n enkelma van drie is nog rêrig wil hê jy moet ’n enkelhuurkamer betaal en dan ook nog per kind, maar jou salaris is maar net ’n N$2 000 nie. Ek doen maar net huiswerk, maar waar is goedkoop blyplek in Windhoek? Ons wil ook tog net rustig bly en vir geld se waarde. Huiseienaars hou op net aan julself dink, ons het mekaar nodig.

Ek vra groot asseblief, help my met ’n tweedehandse selfoon. My selfoon is in die Katutura-hospitaal gesteel en my hart is baie seer. Help my asseblief, my mense. Ek het ’n heup-operasie gehad, so ek vra groot asseblief. Skakel my op 081 375 9012.

Okahandja, o Okahandja! Die ashoop wat Okahandja is, word al groter en al hoe viesliker. Selfs die ingang na en uitgang vanaf Okahandja-inkoopsentrum en Dolerite Ridge word ’n al hoe groter riller. Om van die slaggate nie eens te praat nie! Ek moet sê dis nie lekker om in een van die grootste ashope in Namibië te woon en te werk nie. Sies!

Regtig, nou raak dit gans en al te erg; die feit dat toeriste sowel as inwoners van ons land so beroof en aangeval word. Ons land was veilig, maar nou is dit skrikwekkend hoe dit gaan. Dink vir jouself. Jy staan op vanoggend met daai wrede gedagtes en gruwelooslike planne om iemand seer of dood te maak of te beroof.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!