SMS’e vir 7 Augustus 2023
NamRA. Sekere persone betaal hul belasting getrou, maar wat van die tuisbesighede wat nie eens vir tax of VAT geregistreer is nie? Julle verloor miljoene! Kry die inligting van besighede by die munisipaliteit en begin asseblief ondersoek instel.
Kan daar nie asseblief duidelike kennisgewings op ons Namibiese grensposte wees nie. Buitelanders weet nie wat mag en wat mag hul nie na Namibië inbring nie. Toeriste se padkos word afgevat! Soos byvoorbeeld hul toebroodjies. ’n Kind sit en eet jogurt, die jogurt word afgevat! Nee regtig, watse maniere is dit? Toeriste word glad nie ordentlik op ons grensposte behandel nie.
Ek hoop die mense sien hoe min water ons het van Seniorpark, en hou op water mors. Die hoofde doen niks daaraan nie.
Nee wat. Gewoonlik geniet ek die spotprente, maar ek moet sê, ek vind vandag s’n is uiters ongevoelig en in baie slegte smaak. Hierdie hele kwessie is niks om oor te lag nie. Dit gaan ook nie oor oppervlakkige kultuurverskille nie, maar eerder oor menslikheid en beskawing. – P.B. Pieterse
Snaaks hoe mense Malema se diskriminasie teenstaan, maar as ’n klomp nasionalistiese malkoppe in Oekraïne dieselfde doen, wat gelei het tot rebellie en oorlog, dan moet dit ewe skielik ondersteun word? Dubbele standaarde is nie ’n sport nie. Skrik wakker mense!
Wat kos jul SMS’e MTC? Nadat ek die 20 Namibiese dollar opgesit het, het ek weer 30 Namibiese dollar opgesit vir nog ’n SMS, weer kry ek ’n SMS dat ek te min fondse op het?
Die spotprent van diere in 3 Augustus se Republikein is afskuwelik, terwyl dieremishandeling hoogty vier. Sies!
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie