No Image Caption

SMS’e vir 7 Desember 2023

Sanet Pearson
Waar is dr. Itula? Asseblief dokter, moenie so stil wees nie.

Met betrekking op die berig oor “Bedrogspul met vals verkeersboete” (Donderdag 30 November 2023): ’n Mens kan sommer op die eerste oogopslag agterkom dat die boodskap vals is. Enigiemand wat sulke halfgeletterde Engels skryf, kan mos nie ’n hoë polisiebeampte wees nie. Dis ’n belediging vir Nampol om te glo so ’n onopgevoede individu sal tot die rang van adjunkkommissaris bevorder kan word.

Lag. Mense, die nasien van geography was ’n groot grap hierdie jaar by die skougronde. Dit lyk of die persoon nie weet wat aangaan nie.

Assistente vir “besige” raadslede is net besig met hulle eie private sake. In die goeie ou dae was daar sowat 900 werknemers by City of Windhoek en die stad was skoon, netjies en finansieel sterk. Nou is daar oor die 4 000 en die stad is ’n vuil stinkende en bankrot “dorp”. Die buitensporige salarisse vir onbevoegde raadslede suig die stadskas leeg en nou nog assistente ook? Luiheid is die stad se voorland.

Ek stem saam die leser wat sê dat Karasburg baie vuil is. Ek is ’n inwoner van Karasburg. Daar is mense wat dit hul werk maak om hul vullis by die erf uit te ry met ’n kruiwa en net oorkant die straat te gaan uitgooi. Ai my ai! Die opvoeding is ’n probleem. As ’n mens opgevoed is, dan mors en breek jy nie!

By Khomasdal se Total-diensstasie is sommige van die pompjoggies baie onvriendelik. Daar is ’n sekere dame op die bestuur. Praat met hulle.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!