No Image Caption

SMS’e vir 7 Julie 2022

Die konstabel wat mure omgejaag het in Hochland Park het nie ’n rybewys nie? Hoe word jy in Nampol sonder ’n rybewys aangestel, want as jy nie ’n motor kan bestuur as ’n krisis jou iewers benodig nie, dan sê jy maar net sorry? Only in Namibia!

Willem de Wet in gister (Dinsdag) se briewekolom: mooi man! Dis heerlik om iets wat so mooi beplan en aangenaam uitgevoer is te lees. Jammer dat die ry-ervaring se negatiewe die positiewe moes oorskrei, maar dis mos maar hoe die lewe is?

Kan iemand asseblief verduidelik wat de hel nou weer die maand met die oumenspensioene aangaan. Laas maand was dit amper ’n week laat en die maand was dit die 1ste in, maar net sekere mense het hul pensioen gekry. Waarom het almal nie gekry nie? Verduidelik asseblief wat gaan aan!

Hoe kan dit toegelaat word dat die UN en UK sulke goed in ’n Christenland doen. Het ons as burgers nie ’n sê nie?

Moet polisie nie korrek opgelei word oor hoe om ’n misdaadtoneel te bestuur nie? Al is dit ’n huisbraak, klein of groot! ’n Ruk terug het ek ook inbrake in my motor op my erf gehad. Ek het self met my selfoon foto's van voetspore en die inbraak geneem. Polisie het vir geen bewyse gesoek nie. Teleurstellend!

Republikein (6/7), "Eis miloene vir tronkverkragting": Verder in die artikel word egter genoem, dat die persoon eis vir sy verkragting in die Windhoek-polisiestasie se aanhoudingselle en nie in die tronk nie? Erg verwarrend sou ek sê. - SAP&H

Die stakers op Rehoboth is saboteurs en hulle saboteer. Kry asseblief dié eenvoudige gramatika op die voorblad reg. – Pietrossi

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!