No Image Caption

SMS’e vir 7 Junie 2022

As ek so een van die koerant se opskrifte lees, “Cyril se geld glo na Namibië”, dan wonder ek hoe is dit,dat genoeg net nooit genoeg is nie. Hoeveel geld wil staatshoofde en kie hier en in ons buurlande dan nog hê as hulle klaar soveel het? Dit gaan my verstant te bowe.

Met betrekking tot die die Harnas-wildstigting: Die ministerie van omgewing, bosbou en toerisme moet sy aandag toespits op die voortgaande plundering van ons inheemse bome in die Kavango en elders deur die Sjinese, asook ReconAfrica se onwettige olieboorbedrywe daar, eerder as om ’n inheemse burger te vervolg wat haar lewe daaraan wy om gemartelde, beseerde of as ’n probleem beskoude wilde diere en wesies te red, te versorg en hulle ’n veilige tuiste te gee. Sy doen dit immers met kundigheid en jarelange ervaring.

Hoekom is die pensioen van die ou mense nog nie inbetaal nie? Dit word gewoonlik op die 3de van elke maand inbetaal.

Jy wat sê om op te hou kla oor korrupsie. Ja, en so raak ons hier in Afrika net armer as gevolg van juis dit. Daai vloekwoord wat ons kinders mee groot word en dan staan die lande op die einste kontinent elke dag bakhand by die Weste, omdat die land ’n klomp vrot appels het.

Swakopmund Traffic Department. How can you allow car guards to regulate traffic at parking spots? Observing them shows that they indicate to the parked driver it is clear to reverse as well as the oncoming traffic to proceed. Unbelievable.

Ek is diep teleurgesteld in Postfin wat so die pensioenarisse inloop. Op ’n aanvanklike lening van N$40 000 het hulle sover (3 Mei 2022) reeds N$81 232,04 by my maandelikse pensioen afgetrek en dit lyk my dit is het einde niet. Die saak is aangemeld by Namfisa, maar daar gebeur niks. Ek wil veral die pensioenarisse vra om versigtig te wees. - Pensioenaris, Swakopmund

Alles lê by opvoeding. Jy word uitgenooi na ’n partytjie of ’n onthaal, jy kom daar aan met jou plastiekbak. Jy kyk hoeveel jy kan wegdra in daardie bak huis toe. Regtig mense, dis om van skaam te word. Almal kry nie genoeg kos nie, of van alles wat daar is om te eet nie, want jy slaan op vlug met jou oorvol plastiekbak. Waar is jou maniere?

Windhoek Gymnasium, oor julle onlangse raffle en pryse. My meisiekind het ’n groot prys gewen. Aan die boer wat dit gesponsor het: Die kwaliteit en manier waarop jy dit gedoen het, sê iets oor jou karakter. Well done en baie dankie, pragstuk. Vertrou julle raffle was ’n groot sukses.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!