SMSe (002)
SMSe (002)

SMS’e vir 7 Maart 2023

Mandy Rittmann
Minister Alweendo se besluit om nie meer nuwe lisensies vir brandstofhandel uit te reik nie verwys: Ek hoop dit geld ook vir lisensies aan Namcor.

Deur die groot midsomer-droogte hierdie jaar sal baie mense hulle bestaan en werk verloor, en dit sal beter wees om die N$700 miljoen wat bewillig is om mense te tel gebruik word vir droogtehulp.

Multichoice Namibia, your service to us as subscribers has decline over the last years. You’ve taken away so many channels and replace it with rejects of other TV stations and never ending, repeats and still you want to increase your subscription fees as if your services are anything to go by.

Die sekere Kerk in Rehoboth, kan nie tuinharke koop nie! Hul het my harke geleen, en toe ek Saterdag een bordjie kos vra, toe word dit vir my geweier! Dit was vir ’n groot begrafnis. Daarvoor was die kerk jaart na baie maande se verwaarlosing eers weer skoongemaak!

’n Vulstasies in Grootfontein kan maar gerus hul take-away-personeel bietjie opleiding gee in vriendelikheid en kliëntediens. Julle verloor baie besigheid. Kliënte draai om en loop uit as gevolg van die ongelooflike ongeskiktheid. Dis duidelik hulle is net daar vir die pay en nie om die eienaar se belange op die hart te dra nie.

Ek het gedink ons regstelsel, Natis, die amptenare waar ID-dokumente en paspoorte uitgereik word en vele ander instellings is pateties. Maar ek het vandag 3 Maart 2023 besef Cenored is sekerlik bo aan die lys. Ek het vyf maande gelede aansoek gedoen vir ’n prepaid-meter vir my huis en besigheid. Gister 2 Maart om 10:00 word my krag sonder waarskuwing afgesit, sodat my prepaid-meter installeer kan word. Vandag 3 Maart om 10:00 het nog niks gebeur nie. Ek probeer Cenored bel, geen van hul nommers lui eers nie. Ek ry na hul hoofkantoor, hulle sê voor 13:00 is my krag gefix. Dis nou 20:00, hulle kom nie reg met die installering van ’n prepaid-meter nie. Hulle het so pas gery met verskoning om ’n ander prepaid te gaan kry, intussen verloor ek twee dae se besigheid en al wat ’n deep freezer is afgevries. Weet nie wat sit tussen party se ore nie.

Divan Isaack, baie dankie vir uitstekende diens!

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!