SMSe (002)
SMSe (002)

SMS’e vir 8 April 2024

Mandy Rittmann
Daar is so baie toeriste wat kla oor die ontvangs en behandeling wat hulle op die Ariamsvlei se grenspos kry. Van die beamptes is baie ongeskik en praat baie onprofessioneel met die toeriste. Hoe op aarde sit jy met ’n suigstokkie in jou mond en stempel paspoorte. Jy kan skaars praat. Regtig mense, dis uiterse swak gedrag! Die persone by NamRA ook by die Ariamsvlei se grenspos is net so moedswillig en ongeskik. Ek wens net julle wil besef julle is daar om ’n diens te lewer en nie om mense te vermaak nie. Tree asseblief professioneel op teenoor almal!

Ek soek tog dringend ’n tweedehandse rolstoel te koop vir my ma – 081 619 0148.

Tronkstraf verminder oor menswaardigheid? Wat van ’n vermoorde vierjarige kind se menswaardigheid?

Shiimi, jy wil nie vir die pensioenarisse ’n ordentlike pensioen gee nie, maar pensioenarisse moet nog steeds belasting op hul spaargeld betaal – (withholding tax). Nou wat gebeur met daardie klomp geld? So hou op om hulle spaargeld te steel en raak ontslae van die belasting, dit sal hulle baie help om ’n beter lewenstandaard te geniet.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!