SMS’e vir 8 Junie 2023
Kan ons wat koopkrag het asseblief ons krag direk by NamPower betaal en nie by die munisipaliteite nie?
Elke by gered, is prysenswaardig. Dit was ’n reusetaak wat fyn beplanning geverg het. Knap gedaan, pa en seuns. Mag goedheid en guns julle oral volg. Vrede.
Kan die NRU nie maar vir SA vra om behoorlike AR’s saam met die skeidsregters te stuur vir die Mzansi-toernooi nie?
Kan iemand van Telecom asseblief verduidelik hoekom ons stiptelik vir internet betaal, en dan geen nut daarvan het nie? Drie weke gelede gerapporteer. Tegnikus bel en maak afspraak, maar hy kom nie uit nie. Moet uit jou werk bly, dan word jou tyd gemors.
Help ons land en die polisie om misdaad en kriminaliteit te bekamp en registreer jou simkaart(e).
Hoe is dit moontlik dat ’n groot maatskappy ses dae ná maandeinde nog nie sy werkers betaal het nie? Rêrig? In die strawwe ekonomie? Bestuur, eet warm kos in warm huise, ry waar hulle wil wees, terwyl die werkers wat hard werk deur die maand, voetsaam loop om iets te verdien. Nie eens vir hul familie mieliemeel kan koop aan die einde van die maand nie. Dis onregverdig en hartseer!
Asseblief, help ons land, registreer jou simkaart. Moenie huil as jou selfoon end van die jaar nie meer werk nie.
Al is naspeurbaarheid verpligtend, is 124 beeste van my gesteel, sonder dat enige saak opgelos is. Is daar nog mense wat daarteen is, dat die SIM-kaarte registreer word?
Ek het die voorreg gehad, om die afgelope twee weke Botswana en die RSA te besoek. Albei lande se grensposte was aangenaam om te besoek. Skoon omgewing en netjies. Wat ’n hartseer en skok toe ons via Noordoewer terugkom. ’n Hele ashoop. Dit lyk baie erg. Ons het altyd gespog met ons mooi skoon land, nou staan ons met rooi gesigte.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie