No Image Caption

SMSe vir 8 Maart 2024

Vra kapanaslagters om jou te help om jou diere se vleis te droog vir kos tot mielies weer beskikbaar word.

Kan Walvisbaai se visfabrieke nie beesvleis blik terwyl beeste nog vet is nie. Geen vleisblikkie te koop gekry in die dorp op hede. Maar vleis vir hond en kat.

Wanneer die reën nie na ons toe kom nie, moet ons na hom toe trek. Angola het al die reën gekry. Beeste noord van rooilyn se kans. Suid beesbiltong na RSA (sic).

Jammer, Gabriël die skaapwagter is oorlede wat die droogtes vooruit kon sien, as begin Februarie die vliegtuie nie wit strepe aan die hemel agterlos (sic).

In ’n tyd van ’n waterkrisis word nuwe uitbreidings gebou. Hoeveel miljoene liters water word daar vermors om paaie ensovoorts te bou, tipies Windhoek-stadsraad.

Angola het al die reën gekry. Nou kan ons teruggaan.

Ek sluit aan by dr. Weber, wat hy sê is die alle waarheid. Suid-Afrika kan ons nie voorsien van alle medisyne nie, maar om medisyne en verwante produkte in te voer, is die probleem. Because why. Hoekom ons NMRC, soos dr. Weber sê dis ’n moeisame proses. Nou vra ek, wie het ’n hart vir wie. As mense net ’n hart het vir ander. Om al die papierwerk te doen en al die permitte, dan doen ek dit weer, want dit is vir ’n pasiënt wat siek is, maar moenie sloer en onnodige vrae vra nie. Gee goedkeuring so gou as moontlik. Medisyne is bekombaar, dit is die gewag van goedkeuring. Elke probleem of siekte het ’n oplossing, dit is tyd dat ons saamwerk om ons pasiënte ’n eerstewêreld-behandeling kan gee. Dankie dr. Weber, jy praat die egte waarheid.

Otjiwarongo-munisipaliteit, dit is baie erg om in die strate te ry. Het julle nie karre nie? Moenie as alles afgebreek is, nou dan eers regmaak nie. Dit is regtig ’n skande.

Help met raad asseblief. Waaroor gaan mense aan as jy voor hulle huis parkeer. Is dit nie munisipale grond nie. So, as dit is, kan munisipaliteit asseblief daai pale uit laat haal, of ek ry dit uit. Dankie.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!