SMSe (002)
SMSe (002)

SMS’e vir 9 Mei 2023

Mandy Rittmann
Is daar enige praktiese redes hoekom inwoners van Krönlein, Aroab, Koes en Naudedam nog vir Swapo kan stem? In die Fishrot-borgaansoeke van verlede week, leer ons hoe Swapo letterlik bevoordeel word deur korrupsie. Niemand van die Suide is gekies vir die N$75 miljoen of 95 studiebeurse wat onlangs toegeken is nie. Swapo is eenvoudig net nie bereid om enige voorsiening te maak vir die ontwikkeling van die inwoners van suidelike gebiede nie. As daar geen voorsiening gemaak is in die huidige begroting vir die ontwikkeling van suidelike streke en die inwoners vir ewigheid uitgesluit word, hoe op aarde kan hulle vir Swapo stem?

Multichoice, kan julle nie vir ons as pensioenarisse afslag gee soos ander plekke wat vir ons omgee. Asseblief!

/Ae//Gams Cultural Festival. Hoekom moet ons die geraas so ver soos oor die berg in Klein Windhoek hoor? Wat van die mense wat nou voor die berg bly, en dit sommer twee dae agtermekaar moet hoor. Ook City of Windhoek moet by hulle eie noise level-regulasies hou. Minder amplifiers en nie full blast nie, asseblief.

Francois Lottering van Kosmos, kan jy probeer om stadiger te praat, asseblief.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!