Soek hulp op Karasburg
GEORGIE VAN WYK SKRYF:
Die gemeenskap van Karasburg is baie ongelukkig oor die hulp wat ons nie van die polisie kry nie.
Daar word nou byna elke nag by mense se huise ingebreek. Hulle teiken meestal ou mense, wat hulleself nie kan verdedig nie.
Een inwoner (’n bejaarde weduwee) was in haar huis aan die slaap. Kluise met wapens, ammunisie, juwele en geld word gesteel. Die polisie doen nie veel daaraan om die sake te ondersoek of die gesteelde goedere terug te kry nie. Nie net word diefstal gepleeg nie, die huis word erg verinneweer en inhoud word rond- en stukkend gegooi.
Mens sou verwag dat wapens, veral, belangrik is om terug te vind. Een inwoner se vrieskas vol vleis is leeg gedra en die polisie se reaksie was dat hulle niks daaraan kan doen nie, want dit is honger mense wat kos soek. Hy het nie eens ’n verklaring afgeneem of ’n saak gemaak nie. Die persoon se motorbande is met ’n mes stukkend gesteek, sodat hy nie gou by sy huis kon terugkom nie. Die inbrekers het geweet waar hy is. Watter reg het so ’n mens in elk geval om in te breek en van ’n ander te steel?
Die skade aan die deure en vensters wat gebreek is, is so erg dat ’n mens dit nie kan bekostig om dit te vervang of herstel nie. Veral ouer dames wat nie meer ’n man het nie.
Ons kry geen antwoord of reaksie uit die hoofde van die polisie in Windhoek nie. Wanneer ons skakel is daar net niemand beskikbaar nie, en skakel ook nie terug soos belowe nie. Is dit moontlik dat ons die media kan nader vir hulp om beter reaksie uit die polisie te kry. Ons is nou geneig om te dink die polisie werk saam met die kriminele om in die gesteelde goedere te deel. Ons is nou keelvol vir al die diefstal en inbrake in ons dorp. Iewers moet daar iets aan gedoen kan word.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie