No Image Caption

Sonner krag. . . Sonner water. . .

Mandy Rittmann
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:

Koel is die skemer.

Dankbaar op sy eie.

Krag is nie hier nie.

Ons issi lus vir buie.



Lekker vuur aansteek.

Kitaar onner die blad.

Aanskou die sterreprag en praal.

Amen ja Amen virri mooi verhaal.



Knetter vonke hier en daar.

Als is af, die water ook.

Swart kluite onner die sole.

‘n Brousel soet dit kan ons stook.



Ja-nee so broei dit voort.

Op my knieg met akkoord.

Donker blou nag se praal.

Krag en water sal ons betaal.



Samesyn met brousel en wyn.

Kampvuur tuis ‘n samesyn.

Sterreprag en maan skuins glimlag.

Vir nou geniet ons die nag.



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-04-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer