Praat Saam Briewe
Praat Saam Briewe

Speelparkies

Mandy Rittmann
OUPA EN OUMA (84 EN 83 JAAR OUD) SKRYF:

Moet ek nie liewer hierdie negatiewe waarnemings maar net vir myself hou nie. Dis mos die inding – krop op. Vir die afgelope agt jaar slyt ons ons laaste jare hier op Elisenheim. Vriendelike, veiligheid in uniform orals saam met elektriek reg rondom, ook snags.

Speelparkies ook orals, selfs ’n vliegtuig en motor geparkeer vir klim en klouter. Goeie plek vir woon en speel ensovoorts. Geen voorskrifte om te onderskei tussen barbare en beskaafdes nie. Beide vliegtuig en motortjie is binne ’n kort tydjie gereduseer tot lelike wrakke. Ruite uitgeslaan, bekleedsel, instrumente en binneliggies vernietig. Vir sommige ook ’n ontlastingarea. Gelukkig is die motortjie al verwyder.

Reguit vingerwys: Eerstens: afwesige ouers, u kinders het hier sonder u leiding ontpop as vandaliste en misdadigers. Kultuur- of rasgebondenheid? NEE!! Dit is dieselfde sataniese gees wat ook manifesteer in moordenaars, verkragters en diewe.

Tweedens: Die teenwoordige veiligheidsinstansie doen nie diens op die oop terreine nie, dit val glo nie binne hul pligte nie. Help asseblief!

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!