Stampriet Geologie: Ondergrondse water
Die geologie onder die Kalahari-sand is 'n afwisselende opeenvolging van lae poreuse sandsteen wat water dra, die akwifers (in oranje en geel aangedui), en nie-poreuse, watervrye modderstene (grys).
Geel lae is artesies, wat beteken dat die watervlak in 'n boorgat styg en selfs op die oppervlak kan uitvloei soos op plekke in die Auob- en Nossob-riviervalleie.
Die ondergrondse lae strek tot in Botswana en Suid-Afrika.
Die diepste waterdraer, die 25 m-dik Nossob-formasie, het beperkte opbrengste en die water verswak in gehalte in 'n suidwaartse rigting. Die hoof en sterkste waterdraer bestaan uit die drie sandsteenlae van die Auob-formasie. Dit wissel van 25 tot 185 m in dikte.
Die Auob-formasie verskaf al die drinkwater vir die dorpe van Leonardville tot Suid-Afrika en van Stampriet tot in Botswana. Dit verskaf ook al die goeie gehalte water vir besproeiing.
fHeelwat plase verkry water van wisselende gehalte uit die oranje Neu Loore-Formasie sandstene en die Kalahari sand.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie