No Image Caption

Swendelaars in Namibië

ANONIEM SKRYF:

Sedert ek op 16 Julie 2024 deur ’n swendelaar ingeloop is, volg ek die tipe misdrywe veral op Facebook noukeurig.

Baie val ten prooi van die skelms omdat hulle baie oortuigend is en hulle huiswerk doen, maar gelukkig is daar diegene wat nie vir hul slim praatjies val nie

As ’n mens kyk na die stories wat die skelms opdis, is dit duidelik dat hulle georganiseerd is: hulle doen hulle voor as polisiebeamptes, bankamptenare, belastingamptenare, werknemers van MTC en so kan ’n mens aangaan. Hulle is oortuigend en weet waarvan hulle praat.

In my geval is ek deur ’n verkeersbeampte oor ’n uitstaande boete geskakel. Ek is behoorlik gestoomroller want ’n “COMMISSIONER” van die polisie en ’n “STAATSAANKLAER” het almal in dieselfde gesprek bevestig en my oortuig dat die tronk my voorland is as ek nie die boete betaal nie en dit kan ook net elektronies geskied. Benoud soos ek was omdat ek nog nooit eens die hof óf ’n tronk gesien het nie (in my 70 jaar op Moeder Aarde) het ek hulle liegstories vir soetkoek opgevreet. Einde van die storie is dat die skelm my uit ’n aardige bedrag (N$5 000) geswendel het.

Wat ná die episode gebeur het, is egter ’n nagmerrie: ’n saak is by die polisie gemaak en drie verskillende selfoonnommers is verskaf.

Ná twee maande wag die polisie vir my bank om kringtelevisiebeeldmateriaal te verskaf van die OTM waar die geld onttrek is. Volgens die polisie moet ’n hofbevel dan verkry word om die identiteite van die eienaars van die selfone van MTC te kry.

Die hantering van dié tipe sake deur die polisie laat veel te wense oor: daar is geen dringendheid aan hulle kant om die sake te ondersoek, oortreders op te spoor en hulle aan die pen te laat ry nie. Die skelms doen hulle selfs as polisiebeamptes voor wat die polisie in oneer bring, maar selfs dit spoor hulle nie eens tot vinniger optrede aan nie.

Voeg daarby dat hulle al die magte het ingevolge die Criminal Procedure Amendment Act 7 of 2023 wat nie vereis dat hulle eers ’n hofbevel moet kry om inligting van byvoorbeeld MTC te verkry in hulle ondersoek na kriminele sake nie.

Tot tyd en wyl die polisie regtig moeite doen om dié tipe sake met spoed te ondersoek, sal die skelms maar net aangaan met hul streke en intussen raak hulle net slimmer want hulle word nie uit die samelewing verwyder nie.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!