Tegnologie, werke en naamgewing
lAWEBAHE JOHANNES llHOESEB SKRYF:
Verwikkelinge op tegnologiese gebied het die lewenswyse van die mensdom op verskeie maniere, hetsy goed of sleg, beïnvloed.
Sommige gebruike het in die slag gebly terwyl andere amper heeltemal in onbruik verval het. Arbeid en werksgeleenthede is ook in sekere gevalle ingeboet.
Die riooldreineringstelsel het byvoorbeeld die leegpomp van die dreingate vervang met die spoeltoiletstelsel.
Met "kopname" het ons destyds verwarring tussen verskillende mense uitgeskakel deur hul werk of dienste in ag te neem.
In die vroeë sewentigerjare was daar drie ooms in Outjo se Etoshapoort-woonbuurt wat "Jesaja" geheet het, genaamd Jesaja ǁHoeseb, Jesaja Geiriseb en nog 'n Jesaja wie se van my ontgaan het. Die eerste twee ooms se name is ten alle tye tesame met hul vanne genoem, maar die oorblywende Jesaja het by tye 'n konsternasie veroorsaak.
Ten einde onderskeid tussen hierdie drie ooms te tref, is die Jesaja wat die dreingatlorrie oftewel riooltrok bestuur het, doodeenvoudig "ǀKhuwu ra Jesajab" - "Jesaja wat suig" - genoem.
Ons kry ook noemname soos "Tate Foto", 'n fotograaf, en "Apteker" vir 'n gewone werknemer by 'n medisynedepot.
'n Neef van my ouma aan moederskant was werksaam by die spoorweg en sy kopnaam was "ǀUridaob Spoorlyn" gewees.
Een antie is byvoorbeeld "ǃGuri ras" genoem, die ene wat masseer.
As dit van my mense sou afgehang het, dan sou die redakteur van Republikein bloot die naam "Dani Koerant" gedra het, om hom te onderskei van enige ander ou wat "Dani" heet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie