Briewe
Briewe

Teleurgesteld

Mandy Rittmann
ANONIEM SKRYF:

My vrou en ek besit reeds sedert 2011 eiendom in Hentiesbaai en beskou ons dit as ons tweede tuiste. Ons beskou onsself as Hentiesbaaiers en is uiters trots op ons dorp wat soveel pragtige uitbreiding ondergaan het die afgelope 13 jaar.

Wat egter uiters teleurstellend was die afgelope feesseisoen is die uiters swak toestand van paaie!

In die verlede was die paaie geskraap en in ‘n goeie toestand, maar skynbaar het die padskraper se sleutels Desember 2024 verlore gegaan en is nog steeds soek.

Die toestand van paaie in Sun Bay is uiters haglik en geen plesier om te ry nie en vergelyk dit goed met die Solitaire-, Sossus-pad.

In hierdie verband nooi ek graag die Agbare Burgemeester uit om met ‘n sedanvoertuig (nie sy Ford Raptor nie) deur Sun Bay te ry en homself te vergewis van omstandighede.

Ek neem kennis van die munisipaliteit se voorneme om herwaardasies van eiendomme te doen, en sodoende bykomende inkomste te genereer, maar verwag ook meer aandag aan instandhouding en verfraaiing van ons dorp – was darem in die verlede Dorp van die Jaar.

Kommentaar

Republikein 2025-02-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer